tag:blogger.com,1999:blog-2248197782423696868.post1548065538901420065..comments2018-01-04T23:26:02.149+02:00Comments on 'n Nuwe Spirituele Lewensbeskouing: Materialistiese AteïsmeAnonymoushttp://www.blogger.com/profile/03313747142393087882noreply@blogger.comBlogger3125tag:blogger.com,1999:blog-2248197782423696868.post-13446388547328845152012-12-27T19:21:47.952+02:002012-12-27T19:21:47.952+02:00"Mense is op verskillende vlakke wat betref h..."Mense is op verskillende vlakke wat betref hul unieke reis na die Goddelike..."

Stop net daar. Wat is "die goddelike" waarna jy verwys, buiten 'n fraai konsep in jou verbeelding? O wag, ek sien: "Omdat die Goddelike buite Tyd en Ruimte is en gevolglik buite enige beperkte menslike begrippe is, is dit onmoontlik om dit voldoende in beperkte menslike terme te omskryf."

Jy probeer duidelik in jou guru Shedrake se voetspore volg met jou "Nuwe [sic] Spiritualisme" (oftewel Baie Ou Mistisisme). Hier onder is voldoende kommentaar. Ek sluit af deur te sê dat jy letterlik nie weet waarvan jy praat nie. Geen hoeveelheid rook-en-spieëls en handgeswaaiery maak "die Goddelike" meer werklik as Sneeuwitjie nie, en om anders voor te gee (of nog erger, ander daarvan te probeer oortuig) is intellektuele swendelary.

http://www.skepdic.com/morphicres.htmlHanshttps://www.blogger.com/profile/00741391617938891252noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-2248197782423696868.post-37408582198818244902012-12-27T17:53:16.455+02:002012-12-27T17:53:16.455+02:00Dis nogal jammer dat jy dink dat my verstaan van d...Dis nogal jammer dat jy dink dat my verstaan van die term “Materialistiese Ateïsme” nie “steekhoudend” is nie en dat jy nie ʼn duidelike verstaan daarvan het na die lees van my artikel nie. Hier volg dus my definisie van ʼn Materialistiese Ateïs - ʼn Materialistiese Ateïs is iemand wat (1) glo dat enige God of Goddelike nié werklik is nie en dat (2) daar géén moontlikheid is van die voortbestaan van die menslike bewussyn na die afsterwe van die fisiese liggaam nie. Die mistroostige aard van sodanige lewensbeskouing verwys na die aanname daarvan dat álles op die ou end tydelik en sterflik van aard is. Nêrens impliseer ek dat Materialistiese Ateïste noodwendig meer ongelukkig is as mense wat meer “spiritueel-bewus” is nie. Mense is op verskillende vlakke wat betref hul unieke reis na die Goddelike en dit impliseer dat iemand wie se lewensbeskouing meer materialisties van aard is, dikwels meer “gelukkig” is a.g.v. hul najaag van tydelike plesiere, as ʼn meer spiritueel-bewuste persoon wat soms baie eensaamheid en lyding verduur omdat daar teen hulle gediskrimineer word deur hul familielede en werkskollegas. Die begrip “Spiritualiteit” verwys vir my na elke persoon se unieke reis na eenwording met die Goddelike. Omdat die Goddelike buite Tyd en Ruimte is en gevolglik buite enige beperkte menslike begrippe is, is dit onmoontlik om dit voldoende in beperkte menslike terme te omskryf. Ek verwys egter in my “geloofsbelydenis” artikel na enkele van die teosowe se pogings om die Goddelike te definieer. Hier is een definisie wat ek dikwels gebruik om my panenteïstiese godsbeskouing te onderskei van dié van teïste se geloof in ʼn Persoonlike Skeppergod: ““... the self-enduring, eternal, self-sufficient cause of all, the one essence of everything in the Cosmos. It is before all things in the Cosmos, and is the one sole limitless life-consciousness-substance from which starts into existence a center of force which may be called the Logos [the Word].” Ek erken dat my “Nuwe” Spirituele geloofsbelydenis baie soortgelyk is aan “esoteriese” Christelike idees, Soefisme, die Joodse Kabbala, Teosofie, Taoïsme, Platonisme en Brahmanisme, maar miskien is my drie stellings soos vervat in die opsomming in my “geloofsbelydenis” artikel, tog op ʼn manier uniek omdat ek dit nog nooit sodanig in enige ander boek of geskrif teëgekom het nie.Anonymoushttps://www.blogger.com/profile/03313747142393087882noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-2248197782423696868.post-42768647850683533272012-12-26T21:02:14.159+02:002012-12-26T21:02:14.159+02:001. Jou beskrywings van sg. "materialistiese a...1. Jou beskrywings van sg. "materialistiese ateïsme " (wat die f*k dit ookal mag beteken - jou verduidelikings is nie steekhoudend nie) is onnodiglik "mistroostig" - jy wil tog nie voorstel dat jy 'n duidelik gelukkiger lewe lei as bv Richard Dawkins nie? Jy heg jou mening aan iets wat jy nie verstaan nie. Ditto jou oppervlakkige kritiek van 'n lewensbeskouing wat jy duidelik nie begryp nie; die koppeling van negatiewe sentimentele terme aan dinge waarvan jy nie hou nie, is nie voldoende kritiek nie.
2. "Ondersteuners van 'n Nuwe Spirituele lewensbeskouing glo dat elke mens die potensiaal het van moontlike eenwording met die Goddelike..." Jy bly by gebreke om te verduidelik waarna jy verwys met terme soos 'goddelike' (die hoofletter is oorbodig) en "spirituele". Daarby is jou "Nuwe" spiritualiteit alles behalwe nuut - daar is derduisende predikers, profete en algemene twakpraters wat aandring op 'n "spiritualiteit" (inderdaad 'n vae mistisisme) soos joune.Hanshttps://www.blogger.com/profile/00741391617938891252noreply@blogger.com